Kurator

'n Kurator (van Latyn: Curare, wat beteken "om te versorg") is 'n bestuurder of opsigter. Tradisioneel is 'n kurator 'n bewaarder van 'n kulturele erfenisinstelling (bv. galery, museum, biblioteek of argief), en 'n inhoudsspesialis wat die taak het om die instellings se versamelings te versorg, en betrokke is by die interpretasie van erfenismateriaal.

'n Tradisionele kurator se verantwoordelikheid behels tasbare voorwerpe van een of ander soort kunswerk, versamelstukke, historiese items of wetenskaplike versamelings. Meer onlangs het nuwe vorme van kurators ontstaan: kurators van digitale data voorwerpe en biokurators.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search